Slabber en Slabbert verwelkom nuwe oogkundige

Liandi Robinson.

Slabber en Slabbert Oogkundiges het vandeesmaand ’n nuwe lid, Liandi Robinson, by hul suksesvolle span verwelkom.

Nadat Liandi haar studie voltooi het aan die Universiteit van die Vry-staat het sy haar beroep as oogkun-dige by ’n praktyk op Knysna begin. Van daar is sy na die Oudts­hoorn-tak verplaas, waar sy byna agt jaar lank gewerk het.

Aan die begin van 2019 het ’n se­nior vennoot van Slabber en Slabbert Oogkundiges, Chris Slabber, afgetree en Liandi is vir die pos genader. Omdat sy gevoel het dit was tyd vir ’n verandering, het sy dadelik die werksgeleentheid aangegryp.

Haar man, Ernist, het ’n gevestigde argitekpraktyk op die dorp en daarom beplan hulle om vir jare deel van die gemeenskap te bly.

Liandi se boodskap aan die Oudts­hoorniete: “Kom kuier gerus by my, ek sien uit daarna om julle onder oë te kry!” Skakel 044 279 1636 vir ’n afspraak.

Log in with your credentials

Forgot your details?