PostNet Oudtshoorn spog met A0-scanner!

Granville Goliath by PostNet se nuwe A0-skandeerder en drukker.

Hier is goeie nuus vir argitekte, bouers en alle inwoners van Oudtshoorn en omgewing!
PostNet Oudtshoorn het Dinsdag sy nuwe grootformaat-drukker en skandeerder (scanner) in ontvangs geneem.

Dié indrukwekkende masjien kan tot A0-planne en prente in kleur of swart en wit druk, skandeer (scan) en berg (save).

Kliënte hoef dus nie meer oor die berg vir hier­die diens te ry nie.

Die Canon TM300-drukker gebruik die nuutste tegnologie in drukwerk en verseker ’n produk van uitstekende gehalte.

Die drukker is vinniger en is ook 60% stiller as PostNet se vorige drukker, wat ’n bydrae lewe tot die uitskakeling van geraasbesoedeling.

PostNet nooi kliënte van oral uit om dié nuwe drukker en skandeerder op die proef te kom stel.

Log in with your credentials

Forgot your details?