Oudtshoorn Spar brei uit

Die vriendelike bestuurspan van Oudtshoorn Spar is voor van links Ragheeba Gerber, Skillie en Petra Pretorius, Mario Macleod en Carla April. Agter van links is Deryck Austin, Irene Agenbag, Jaco Matthee, Martha Manroe en Lizel Deysel. Foto: Christine Schoeman

OUDTSHOORN SPAR pluk die vrugte van harde werk! Dié gewilde supermark op Oudtshoorn se slaghuis het onlangs die platinum Cleaver-toekenning ontvang vir die beste supermarkslaghuis in die Wes-Kaap in 2018 (besonderse uitnemendheid in die slaghuisbedryf), en het ook pas uitgebrei om ’n splinternuwe wegneemete-afdeling en parkeerterrein in te sluit.

Gesogte Cleaver-toekenning
Hy en sy personeel is besonder trots op die prestasie wat die slaghuis behaal het, sê Skillie Pretorius, eienaar van Oudt­­­­­­­­­­­s­hoorn Spar. Daar is volgens hom meer as 500 kompeterende supermarkslaghuise in die Wes-Kaap. Die Cleaver-toekennings gee erkenning aan slaghuise vir goeie kliëntediens, higiëne-handhawing (sowat 90% van punte), voldoening aan kliënte­verwagting en vleis- en verpakkingkwa­liteit.

Elke jaar inisieer die Suid-Afri­- kaanse Rooivleisbedryf provinsiale forums vir alle supermarkslaghuise waarna die toekennings gedoen word – platinum (eerste plek), goud (tweede plek) en silwer (derde plek) in verskillende afdelings in elke provinsie. Slaghuise word deur kliënte genomineer met kliënte wat ook stem vir hul gunsteling slaghuise. Die finaliste met die meeste stemme word dan deur die raad van kundiges geïnspekteer om die finale wenners te bekroon.

In 2016 het die slaghuis die goue toekenning ontvang vir ’n uitnemende slagtery.

OUDTSHOORN SPAR se nuwe uitbreidings behels ’n nuwe wegneemete-area, asook ’n nuwe parkeer­terrein tussen die hoërskool­koshuise net oorkant die pad van Spar af in Jan van Riebeeckweg.

Dié gratis parkeerterrein sal vanaf Vrydag (6 September) oop wees vir Spar-kliënte, en bied parkeerplek vir sowat 30 motors. Dit is ook omhein met wagte wat konstant ’n wakende oog oor kopers se motors sal hou.

“Ons is só dankbaar vir ons kliënte se geduld met die bouery en stof wat hulle vir die ses weke tydens die opgraderings moes verduur,” sê Skillie.

Die nuwe wegneemete-area beskik oor ’n topreeks oonde waarin pizzas en ’n verskeidenheid brood gebak sal word. Die tuisgebakte brood sluit in wit-, bruin-, “ouma”-, rosyntjie- en potbrood asook mosbolletjies.

Verder word daar ook roerbraaigeregte, skyfies, gebakte vis, hamburgers, braairibbetjies, braaihoenders, hoendervlerkies, draairoomys, melk­skommels, springmielies, smoothies en vele meer gemaak.

Spar beskik ook oor ’n wye en steeds groter wordende reeks gesondheidsprodukte. Buiten vir tuisgebak en ingevoerde produkte, is daar ook neute, sade, pappe en ander bakprodukte. Kliënte kan kies en keur tussen gluten-, laktose- en sui­kervrye produkte.

“Ons soek ook wyd en syd na produkte wat kliënte voorstel,” verseker Skillie.

Om ’n geriefliker inkopie-ervaring vir klante te verseker, het die winkel ook sy kasregisters opgegradeer.
Nog goeie nuus is dat die winkel weer sy gesogte Sushi-afdeling sal laat herleef vanaf Dinsdag 1, Oktober!

“Ons hoofdoel is om beter diens te verseker, waar ons konsentreer op behulpsaamheid en vriendelikheid,” sê Skillie.

• Oudtshoorn Spar is op die hoek van Voor­trekkerweg en Jan van Riebeeckweg geleë.

Beste in Wes-Kaap
Skillie Pretorius, eienaar van Oudts­hoorn Spar, met die Plati­num Cleaver-toekenning vir die beste supermark-slaghuis in die Wes-Kaap.

Log in with your credentials

Forgot your details?