Ontwikkeling by Caves Aftreeoord

Eenhede is nou te koop in Caves se nuwe woonstelblok. Bo is die woonstelle se uitsig oor die Swartberge.

Van die inwoners van die Caves woel nog graag self in hul waterwys tuine.

Bo is een van die nuwe woonstelle se mooi, gerieflike kombuis en onder die badkamer.

ELF woonstelle in ’n splinternuwe woonstelblok wat pas by die Caves Aftreeoord voltooi is, is nou te koop. Die Caves Aftreeoord is net buite Oudts­hoorn langs die Kango Grotte-pad geleë.

Die nuwe tweeverdieping-woonstelblok, wat geleë is aan die noordekant van die aftreeoord met ’n onbelemmerde uitsig oor Schoemanshoek en die Swartberge, is gebou om in die vraag na woonstelle te voorsien, sê Liesl Neethling, bemarkingsbestuurder van die aftreeoord.

Die nuwe woonstelblok bestaan uit 18 eenhede. Sewe van die eenhede is reeds verkoop, maar twee eenslaapkamer-eenhede en nege tweeslaapkamer-eenhede is nog beskikbaar.

Die gebou beskik oor ’n hysbak sodat inwoners wat op die boonste verdieping woon, nie trappe hoef te klim nie. Woonstelle op die eerste verdieping het elk ’n ruim balkon om voordeel te trek uit die pragtige uitsig oor die Swartberge.

Elke woonstel het een badkamer met ’n stort, wasbak en toilet. Motorhuise of motorafdakke is beskikbaar volgens die behoeftes van voornemende kopers.

Die aftreeoord, wat vanjaar 12 jaar oud word, het reeds meer as 100 inwoners.

Die oord beskik ook oor onder meer ’n biblioteek,’n braailapa en swembad, ’n haarsalon en ’n eetsaal waar middagetes geniet kan word.

Versorgingseenheid met Alzheimersafdeling
Die Versorgingseenheid van die Caves Aftree-oord beskik oor 23 beddens vir pasiënte. Die eenheid is geregistreer by die Wes-Kaapse Departe­- ment van Maatskaplike Ont­wikkeling.

Die Versorgingseenheid bied 24 uur-versorging, en akkommodeer ook buitepasiënte uit die dorp vir kort- of langtermynversorging. Korttermynversorging volg gewoonlik ná ’n operasie, hospitalisering of ander mediese prosedures.

Langtermynversorging sluit die versorging van Alz­heimer-pa­siënte, en pasiënte met ander vorme van dimensie in, asook na ’n beroerte of algemene verswakking.

’n Kringtelevisiestelsel moniteer en verseker die veiligheid en gesondheid van inwoners, terwyl ’n residensiële komitee, wat ’n vereiste is van die departement maatskaplike ontwikkeling, omsien na die belange van die inwoners in die Versorgingseenheid en alle moontlike klagtes hanteer.

Feesdag en ander projekte
Die Caves Aftreeoord se inwoners is by talle projekte betrokke en tans word daar voorberei vir ’n Feesdag op Dinsdag 5 Maart waarby alle Oudts­hoorniete baie welkom is. Dit vind vanaf 10:00 tot 13:30 plaas en toegang is gratis.

Die Feesdag beloof ’n lekker saamkuier-ge­leent­heid met uitstallers en verversings. ’n Braai­vleisete teen R65 kan ook bespreek word. (Sien advertensie regs.)

• Die inwoners van die Caves Aftreeoord is soos ’n groot familie wat saamwerk, sê Bets Wilkinson, algemene bestuurder van die oord.

Sy vertel inwoners help geesdriftig saam met baie gemeenskapsprojekte. soos die insameling van water vir ’n projek van die Belangegroep vir aftreeoorde en aanverwante instansies in die Suid-Kaap (BAASK).

Volgens Wilkinson is reeds 650 vyfliterkanne water ingesamel wat eersdaags aan Huis Hesperos, ’n ouetehuis op Beaufort-Wes, geskenk sal word.

Daar word ook tans op groot skaal gebrei en gehekel in die oord…

Waarvoor sal Oudtshoorniete binnekort weet!

Versorgingseenheid – Van die inwoners van Caves se netjiese versorgingseenheid. Onder is een van die kamers in die eenheid.

Feesdag 2018 – lekker saamkuier met baie te koop!

Log in with your credentials

Forgot your details?