Nuwe dinge vir Hyundai

Die personeel van Hyundai Oudtshoorn agter van links, Jaco Delport (werkswinkel en parte), Deon Koen (verkope), Riana Du Plessis (finansiële en versekeringsbestuurder), Kobus Meyer (werkswinkel) en Theo Delport (verkope). Voor van links is Irene van Stryp (werkswin­k­el), Rochelle Jantjies, Gerrit Solomons (verkope), Alveira Wagenaar (werkswinkel) en Bronwyn Dyter (bestuurder). (Afwesig: Frans van der Merwe) Foto: Christine Schoeman

Deur Christine Schoeman
HYUNDAI Oudtshoorn spog met nuwe eienaars nadat Basil Britz en Bilal Suleman onlangs dié motor­agentskap op die dorp oorgeneem het, asook met ’n nuwe be­stuurder, Bronwyn Dyter.

Hyundai Oudtshoorn lewer al gesamentlik meer as 15 jaar diens op die dorp. Die agentskap het sy deure in Langenhovenweg in 2005 geopen en die diens­afdeling in Baron van Reedestraat in 2003 geopen.

Hyundai se werkswinkel het in Maart vanjaar vanaf Baron van Ree­destraat na die motorhandelaarsadres in Langenhovenweg geskuif om alles onder een dak te vestig.

Bronwyn, wat al talle jare ondervinding in die motorbe­dryf het, het op Maandag 12 Augustus die bestuur van dié besigheid oorgeneem.

Sy sê sy is opgewonde oor die nuwe uitdagings wat vir haar voorlê en glo ’n onderneming se sukses is gebaseer op goeie kliëntediens. Dié nuwe en gebruikte motorhandelaar se slagspreuk vir kliënte­diens is uitnemendheid en “next-level”-waarde­toevoeging in verkope. Hulle waar­- borg dat hul perso­neel altyd die ekstra myl vir kliënte loop. As hulle nie ’n spesifieke motor in voorraad het wat die kliënt soek nie, is daar ’n groot verskeidenheid voertuie in die landwye Cardinals Motor Corporation-groep waaraan hulle behoort, waar hulle motors kan bekom.

Bronwyn sê behalwe dat hulle topkwaliteit-diens vir kliënte wil lewer, wil hulle ook meer betrokke raak by die gemeenskap. Hulle het reeds ’n gaatjie geborg by die Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag wat verlede Woensdag (14 Augustus) plaasgevind het.

• ’n Bekende gesig wat steeds te sien is by die onderneming, is Deon Koen wat al 15 jaar lank vir Hyundai Oudtshoorn werk as motorverkoops­konsultant. Op grond van sy goeie diens keer talle kliënte herhaaldelik na hom terug en het hy reeds meer as 250 nuwe Hyundai-voertuie verkoop.

• Mense kan totale gemoedsrus hê wanneer hulle ’n nuwe Hyundai koop. Dié handelsmerk het soveel vertroue in hul produkte dat al hul nuwe voertuie het ’n sewe jaar- (of 200 000 km-) waarborg.

Die motoragentskap het tans ’n spesiale aanbod: Hyundai Kona 1.0 TGDI Executive (R25 000.00 afslag, verkoop voor 31 Augustus 2019 en geregistreer voor einde September); Hyundai Kona 2.0 MPI Executive AT (R25 000.00 afslag, verkoop voor 31 Augustus 2019 en gere­gistreer voor einde September).

Vir verskeie promosie­diens­pak­kette op verskillende voertuie, skakel gerus vir Hyundai Oudtshoorn by tel 044 272 3010 of by tel 044 272 4890.

Log in with your credentials

Forgot your details?