New Horizons begrafnisdienste vier 10 jaar!

New Horizons se span is van links Brian Stewart (on­der­­nemer begraf­nisse en reëlings­­- klerk), Mia Piedt (al­- gemene assistent), Laetitia King (admi-nistrasie), Mathilda le Roux (eienaar en administrasie), Louwna le Roux (ondernemer begrafnisse, reë­lings­klerk en admi­ni­strasie), Esau Meyer (begrafnisse) en Gert Rademeyer (onder­nemer begrafnisse). Afwesig: Johannes Fredericks (begraf­nisse) en Mercia Be­zuidenhout (agent vir polisse).

New Horizons Begrafnis­dienste op Oudtshoorn het in Januarie ’n merkwaardige mylpaal bereik toe dié besigheid sy 10de verjaarsdag gevier het.

Een van die hoogtepunte die afgelope jaar was dat hulle die gebou op die hoek van Adderley- en St Johnstraat waar hulle gevestig is, kon koop, sê die eienaar, Mathilda le Roux.

Volgens Mathilda is hulle nou ook besig om ’n woonhuis langs die gebou, wat ook hul eiendom is, te restoureer sodat die administratiewe been van die besigheid volledig daarheen kan skuif en die begrafnisafdeling in die huidige gebou kan bly.

Die administratiewe been hanteer die verkoop van versekering wat voorsiening maak vir die dek­king van die koste van ’n begrafnis, terwyl die an­der been weer die aanbied van ’n begrafnis self behels.

Volgens Mathilda is dit belangrik dat die regte en kundige raad vir mense gegee moet word wanneer hulle versekering wil koop om voorsiening te maak vir ’n begrafnis.

“Ons sien die dankbaarheid by mense wanneer hulle ervaar dat die begrafnisdekking wat hulle by ons gekoop het, voldoende is vir begrafnis- en/of verassingsdienste wat deur New Horizons behartig word.

“New Horizons bied al vir 10 jaar lank goeie dienste aan ons kliënte, en ons moedig ook families aan om indien hulle begrafnisdekking by enige ander instansie of ondernemers het, gerus van ons dienste gebruik te maak. Ons help met graagte.”

New Horizons beskik oor vier lyks­waens en kan met gemak drie tot vyf begrafnisse op ’n dag hanteer.
Hulle is by die Departement van Binnelandse Sake geakkrediteer om 24 uur van die dag die verwydering te doen indien hulle uitgeroep word na ’n sterfgeval.

New Horizons beskik ook oor ’n gerieflike vertrek waar mense hul geliefdes in privaatheid kan besigtig.
Mathilda se dogter, Louwna Griessel, werk die laaste aantal jare saam met haar ma, en dit is duidelik dat hul werk vir albei ’n roeping is.

Hulle het die gemeenskap bedank vir hul steun en vertroue in New Horizons.

“Ek is dankbaar daar­oor, want ek weet ons kan hulle help en dat hulle ons kan vertrou,” sê Mathilda.

Log in with your credentials

Forgot your details?