MSec bied al 20 jaar lank gehalte sekuriteitsdiens op Oudtshoorn!

MSec se span op Oudtshoorn is van links Christo Lotz (takbestuurder), Gerhard Fourie (gewapendereaksiebeampte) en Anton Stander (verkope).

MSec Sekuriteit vier vanjaar sy 20ste be­staansjaar op Oudtshoorn. Ná al die jare is die maatskappy steeds sinoniem met vinnige diens, top-kwaliteit produkte sowel as uitstekende naverkopediens!

MSec se aanspraak dat hulle die beste sekuriteitsdiensverskaffer is, is nie sommer net praatjies nie! Wat MSec uniek maak, is nie net die feit dat hulle die enigste gewapendereaksiediens in die dorp is nie, maar hulle is ook die enigste ten volle geakkrediteerde SAIDSA-maatskappy.

Verdere punte wat MSec uniek maak is hulle kommunikasiemetodes, reaksievoertuie word nie net per radio of telefoon uitgestuur soos oor die algemeen in die bedryf gedoen word nie.

By MSec word voertuie uitgestuur dmv GPS koördinate wat direk vanaf die beheerkamer na die voertuig se GPS gestuur word. Dit elimineer menslike foute en help ook om die voertuie se reaksie tye te monitor.

MSec se personeel is baie goed opgelei en voldoen aan alle standaarde soos deur PSIRA voorgeskryf word.

Interne opleiding word ook voortdurend gedoen om te verseker dat alle personeel op hoogte bly van die nuutste misdaadtendense.

Vir gemoedsrus oor die veiligheid van jou familie en besittings is daar maar net een sekuriteitsmaatskappy om jou te beskerm.

Ter viering van MSec se 20ste verjaardag is daar tans ‘n spesiale aanbod op die installasie van ‘n volledige nuwe alarm.

Kontak gerus vir Christo Lotz by selnr 0837789263 om meer uit te vind.