Monsoon, The Salon, nou in Oudtshoorn oop

Die Monsoon-span, links voor sit BW Wessels, Marguerite Botha en Fred Jonk. Agter van links is Amore September, Elzaine Ayford en Letitia Valentyn. Foto: Angelique Erasmus

OPWINDENDE nuus vir Oudtshoornie­te is dat Monsoon the Salon, wat reeds die afgelope agt jaar ’n tak op George bedryf, vandeesweek ’n nuwe salon op Oudtshoorn geopen het.

Die eienaars van die salon, Fred Jonk en BW Wessels, bly reeds ’n geruime tyd op Oudtshoorn.

Hierdie pragtige perseel is onlangs omskep in ’n elegante nuwe salon. Die dekor sluit antieke meubels en rame in wat gekombineer is met moderne sjiek, wat ’n gevoel van weelde en gemak skep.

Die pragtuin en swembad wat die salon omring, bied aan kliënte ook die geleentheid om te ontspan terwyl hulle ’n koppie koffie of selfs ’n glasie wyn geniet en hulle hare versorg word.

“Ons wil dit graag meer gerieflik maak vir ons bestaande kliënte wat van die omliggende area al die pad George toe moes ry om ons te besoek, daarom die besluit om nog ’n tak op Oudtshoorn te open wat meer sentraal is,” sê Fred.

Dit is nie al waaroor Oudtshoorniete opgewonde kan raak nie. ’n Beken­de haarstilis van die dorp, Marguerite Botha, sluit haar by die span aan.

“Ons het haar werk op Facebook gesien en was baie beïndruk en wou haar graag deel maak van ons span,” skerts hulle.

Botha wat reeds die afgelope 12 jaar ’n bekende gesig in Oudtshoorn is, se naam is sinoniem met die bedryf.

“Ek sien so baie daarna uit om al my kliënte by die nuwe salon te verwelkom,” sê Marguerite.
Monsoon, the Salon sal Maandae tot Vrydae oop wees vanaf 08:00 tot 17:00 en Saterdae vanaf 08:00 tot 13:00.

Afsprake moet vroegtydig by BW Wessels, Fred Jonk of Marguerite Botha gemaak word deur 076 460 5503 te skakel.

Daar sal ook produkte soos Biosense, Paul Mitchell en Moroccan Oil – om ’n paar te noem, by die salon te koop wees.

Saam het hierdie trio meer as 50 jaar se ondervinding in die bedryf. Hierdie is beslis ’n wêreldklas-salon in die hartjie van Oudtshoorn, maar skep die gevoel dat jy êrens in ’n paradys of eksotiese bestemming is.
(Promosie-artikel)

Log in with your credentials

Forgot your details?