Moderne vulstasie open by De Rust

Johannes Delport (naaslinks), voorsitter van Klein Karoo Edms Bpk se direksie, maak Vrydag (28 September) gereed om die lint te knip met die amptelike ingebruikneming van die nuwe, moderne Caltex Vulstasie by Klein Karoo Agri (KKA) se winkel op De Rust. By hom is van links Gerickus Vermeulen, takbestuurder van KKA De Rust, Terblanche du Plessis, besturende direkteur van KKA, en Cornel Vermeulen van Moov.Fuel & Lubricants. Du Plessis, wat uit sy jeugdae noue bande met De Rust het, sê die mooi vulstasie met ’n Beans About Coffee-koffiewinkel en KKA-geriefs­winkel, is vir KKA ’n droom wat waar geword het. Volgens hom is dit KKA se derde ontwikkeling saam met Moov. Die vulstasie is by die suidelike ingang tot De Rust regs van die pad as ’n mens van Oudtshoorn af kom.

Log in with your credentials

Forgot your details?