La Plume-venue gekies vir Absa-embleembekendstelling

Dit het by tye lekker jolig gegaan in die La Plume-venue in Volmoed naby Oudtshoorn met die bekendstelling van die nuwe Absa-embleem op Saterdag, 7 Julie, daar. La Plume was die enigste venue in die Suid-Kaap waar die embleem bekend gestel is, en is saam met tien ander venues in verskillende gebiede in Suid-Afrika gekies vir die gelyktydige bekendstelling van die embleem. (Volledige berig onder.) Foto verskaf

La Plume Boutique Gastehuis & Spa wat in Volmoed buite Oudtshoorn geleë is, se nuwe venue is een van elf Suid-Afrikaanse venues wat onlangs gekies is om Absa se nuwe embleem en korporatiewe kleure bekend te stel.

La Plume is as die venue vir die Suid-Kaap gekies. Dié elf venues was op die dag van die be­kendstelling landwyd deur middel van satelliet-verbinding met mekaar in kontak.

Die opwinding by elke venue is na die ander venues gebeeldsend sodat gaste landwyd gelyktydig vanuit die elf streke die gebeure van die dag kon deel en ervaar. Die aankondiger by die La Plume Venue was die bekende Tracey Lange, TV-aanbieder van onder meer Bravo.

In die suidelike streke van die land is die ander funksies in Kaapstad, Port Elizabeth en Mthatha gehou. Die hooffunksie het by die Gallagher Estate in Midrand plaasgevind.

Die nuwe La Plume Venue met sy kleimure, kristalligte en afsonderlike buffetareas skep ’n ele-gante karakter en stemming. Die ruim gebou kan met gemak 200 gaste hanteer. Sestig gaste kan egter net so gesellig en intiem kuier.

Die karaktervolle ou Volmoed Poskantoor met sy oregan-toonbank, -vloere en -plafon word gebruik as kroegfasiliteit vir die venue.

Die groot bome voor die venue skep nie net ’n vriendelike, natuurlike omgewing nie, maar verleen ook lekker koelte vir ’n heerlike kuier buite met ’n pragtige uitsig oor die Olifantsriviervallei en die Swartberge in die agtergrond!

Tydens die Absa-bekendstelling is die venue ingerig vir ’n moderne korporatiewe onthaal wat die diversiteit van die venue toon.
Vanweë die veelsydigheid van die venue kan die volgende funksies daar aangebied word:
• Troues
• Konferensies
• Jaareindfunksies
• Ooievaarspartytjies
• Matriekafskeide
• Spanbougeleenthede
• Spesiale geleenthede as geheel.

Vir meer inligting kontak La Plume by stay@laplume.co.za of by 0442727516.

 

Log in with your credentials

Forgot your details?