Kom vier verjaarsdag by Rainbow Motors en Die Naguil!

Personeel van Rainbow Motors wat hard werk dat topklas-diens op die perseel gelewer word. Voor van links is Claude ­Mathews (nagskof toesig­houer), Joinel Kammes en Yolanda Adams. Agter van links is Jason Stols, Sebastian Jacobs, Fazal Afrika, ­Johan­-na Mei en Remano Malambo (dagskof-toesighouer). Links agter hulle is Die Naguil. Foto:  Christine Schoeman

ALLE paaie lei die naweek na Rainbow Motors op Oudtshoorn waar die eerste jaar van die nuwe opgegradeerde Engen-vulstasie gevier word. Rainbow Motors spog ook nou met nuwe, opgegradeerde brandstofpompe en ’n groot, netjiese parkeer-terrein. Rainbow Motors en die geriefs­winkel Die Naguil is in Langenhovenweg by die dorp se ingang vanaf George geleë.

Valerie van der Walt, eienaar van Rainbow Motors en Die Naguil het inwoners uitgenooi om Saterdag (29 Junie) saam dié besigheidsmylpaal te kom vier.

’n Platejoggie sal musiek verskaf, terwyl heerlike roosterkoeke en boereworsrolletjies met tamatie­smoor te koop sal wees.

Een van die hoogtepunte van die feesvieringsdag gaan die bars van ballonne wees! Elkeen wat Saterdag meer as R100 se brandstof by Rainbow Motors gaan ingooi, sal ’n ballon kry om te bars met ’n verrassing binne-in!

• Die Naguil wat 24 uur per dag oop is, vier op sy beurt vandeesweek sy vierde verjaarsdag. Die Naguil het sy deure in Junie 2015 geopen.

Die Naguil voorsien in die behoeftes van toe­riste, inwoners en besoekers wat daar verbyry, maar ook die plaasgemeenskap van die omgewing. Dit bied iets van alles en het ook ’n wegneemete-afdeling en ’n kitsbank.

Log in with your credentials

Forgot your details?