Klein Karoo Engen vier 5de bestaansjaar

“Baie dankie aan ons kliënte vir hul lojale ondersteuning”

Die Klein Karoo Engen-vulstasie se personeel is van voor links Jumarius Stoffels, Jonathan Campher (spanleier), Helga Ferreira (bestuurder), Steina Fortuin en Eugene Lucas en agter van links Jason Mcdillon, Denrico Manual en Johan Juries. Foto: Wyndham Ewerts

Klein Karoo Engen vier sy vyfde bestaansjaar.
Die vulstasie is op 30 Augustus 2013 oorgekoop by mnr Martin Bekker.

Hierdie 24 uur-vulstasie resorteer onder Reinders Garage (Edms) Bpk, wat ’n volfiliaal is van Klein Karoo Agri (Edms) Bpk. Helga Ferreira is vanaf 1 Februarie 2016 die bestuurder van Klein Karoo Engen.

Sedert 2014 word die aangrensende gebou verhuur en Oudtshoorn Spar het in Desember 2014 sy deure geopen.
Intussen is ’n addisionele spoedpomp op die perseel aangebring om diens verder te verbeter.

Volgens Terblanche du Plessis, besturende direk­teur van Klein Karoo Agri, word verdere opgraderings vir vroeg in 2019 beplan.

Klein Karoo Engen wil graag baie dankie sê vir die kliënte se lojale ondersteuning asook ons getroue personeel.

Meeste van die personeel kom van Martin Bekker Garage af. Hulle is die rede en dryf van die vulstasie en sorg dat kliënte te alle tye die beste diens kry.

Kom besoek ons gerus.

Log in with your credentials

Forgot your details?