Klein Karoo Agri – ’n winkel vir almal

Deur Schalk le Roux
’N MENS sou maklik kon dink Klein Karoo Agri is ’n winkel wat net produkte vir boere te koop aanbied, maar dit is beslis nie die geval nie.

Dié vriendelike winkel het ’n unieke verskeidenheid produkte wat geen ander winkel of supermark op Oudtshoorn bied nie.

Vir my persoonlik is dit soos ’n uitstappie om bv ’n Saterdagoggend in Klein Karoo Agri te gaan rondloop. Op die ou einde is dit vir my moeilik om nie iets te koop nie. En as ek spesifiek iets gaan koop, is die kanse goed dat ek met ’n item of twee ekstra daar uitloop.

Benewens die landbou-, tuin-, hardeware-, vuur­wapen- en messe-afdelings is daar ook afde­lings vir huishoudelike toestelle en toebehore, klere, skoene, wyn en kositems. ’n Persoonlike gunste-ling is die buitelug- en kampeerafdeling met produkte van topgehalte handelsmerke.

Benewens die reeds gemelde produkte, is daar ook items wat by die vroue sal byval vind soos die emalje-bedekte ysterpotte en die Aloe-produkte.

Vir diegene wat prysbewus is en dink hulle gaan by groot online-winkels produkte teen ’n laer prys koop, dink weer. Ek het nou die dag ’n tuinslang met oprolmeganisme en spuitkop gaan soek. Die prys by Agri Klein Karoo lyk vir my ’n bietjie hoog.

Ek gaan kyk toe op ’n bekende online-winkel en sien daar kos dieselfde item R1500. Ek is haastig (en affens druipstert) terug na Klein Karoo Agri waar ek die tuinslangstel ge­koop het en op die ou einde net minder as R1100 betaal het!

Dit laat ’n mens sommer baie tevrede voel in ’n tyd van snelstyg-ende pryse!

Dieselfde het daarna met ’n braaier gebeur. Ná so ’n bietjie rondkyk, kom ek agter die spesifieke braaier waarin ek belangstel, is heelwat goedkoper by Klein Karoo Agri as op enige ander besigheid wat dit op die internet geadverteer het.

Iets wat inwoners ook kan onthou, is dat ’n mens huishoudelike gas, behandelde houtpale, ysterpale, ens ens ens by Klein Karoo Agri kan koop.

Benewens dit alles is daar Klein Karoo se Meganisasie-afdeling waar nie net trekkers en landbou-implemente beskikbaar is nie, maar ook onder meer besproeiingstoerusting.

Sien gerus advertensie hieronder waar ’n uiteensetting is van ’n ver­skeidenheid aanvullende besighede by en digby Klein Karoo Agri.

Vir diegene wat nog nie in Klein Karoo Agri was nie, gaan loop gerus ’n bietjie in die winkel rond en kyk wat daar alles te koop is.

Al koop jy nie iets met jou eerste besoek nie, kan jy iets sien wat jy in die toekoms nodig kan kry, en hoef jy nie George toe te ry om dit te koop nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?