Hope pret by Gearup-dag!

DIE fiets- en sportwinkel Gearup het Maandag sy eerste verjaardag gevier met ’n gesinspretfietsrit en -pretstap by Chandelier Wild- en Volstruisplaas suid van Oudtshoorn.

Altesame sowat 150 mense het deelgeneem aan fietsritte oor twee afstande en twee stap- en drafafstande.
Nadat die fietsryers en stappers klaar deelgeneem het, is ’n gelukkige trekking gehou waarin deelnemers talle pryse ontvang het. Daar was ook ’n verskeidenheid eet- en drinkgoed om te geniet ná die oggend se inspanning.

Die doel van die pretdag was nie net om al Gearup se lojale kliënte te bedank vir hul ondersteuning nie, maar ook om Oudtshoorniete die geleentheid te gee om die buitelug te kom geniet.

Louis Fourie, besturende direkteur van Gearup het ’n spesiale woord van dank gerig aan Chandelier, Dryland en Klein Karoo Event Medics vir hul bydraes.

Log in with your credentials

Forgot your details?