Hof toe oor hierdie hoë belasting?

Deur Liesel le Roux
DIE bestuur van die Oudtshoorn Besigheidskamer is bekommerd oor die uitwerking van die hoë munisipale belastingtariewe op besighede, die landbou en die inwoners van Oudtshoorn, het Gideon Badenhorst, voorsitter van die kamer, verlede Donderdagaand by ’n netwerkaand van die kamer gesê.

Volgens Badenhorst is die Besigheidskamer bereid om hof toe te gaan oor die belasting indien daar nie aandag aan geskenk word nie.

Volgens Badenhorst het gesprekvoering met politieke leiers by die munisipaliteit die laaste tyd tot stilstand gekom en het hulle hul tot die nuwe provinsiale parlementslid vir die streek, Eleanor Bouwe-Spies, gewend om die belastingkwessie aan te spreek; asook ander sake soos politieke stabiliteit, die Kango Grotte en die infrastruktuur. Sy het onderneem om daaroor met provinsiale leiers te vergader.

“As ons nie regkom met gesprekvoering oor die belastingsituasie nie, sal ons hof toe gaan. Dit kan nie so aangaan nie. Eienaars van geboue, boere en ander inwoners kry swaar.”

Log in with your credentials

Forgot your details?