Gearup Sport is meer as net fietse

Ruark Kotze tydens ’n Gearup Kids- sessie. Foto verskaf

Gearup Sport, ’n fietswinkel op Oudtshoorn, spog met baie meer as net ’n splinternuwe bestuurder. Die winkel bied ’n baie groot verskeidenheid sporttoerusting vir ’n wye reeks sportsoorte, teen goeie en mededingende pryse.

Neels Terblanche, nuwe be­stuurder en mede-eienaar, het nie net ’n passie vir sport en is ’n kranige fietsryer nie, maar is ook ’n boorling van Oudts­hoorn. “My pa was die eienaar van die winkel Keens Sport & Cycles wat vroeër jare in Hoog­straat was, en Danielo, wat deel van ons span is, se pa het destyds by my pa gewerk,” vertel Neels.

Gearup Sport bied uitstekende diens aan fiets­ry-entoesiaste, en spog met Braam en Danielo, die enigste twee geregistreerde fiets werktuigkun­diges wat hoog aangeskryf word in die bedryf.

Die Gearup Sportassosiasie bied teen slegs R650 per jaar die volgende groot voordele:
• 50% afslag op sommige Dryland fietsry-events;

• ’n 24 uur, sewe dae van die week se insleep- en hulpdiens, waar fietse en ryers opgelaai sal word en hul fietse reggemaak word.

• Daar is ook afslag op verskeie fietsonderdele, aanvullings en dienste op fietse, plus elke lid spog met sy eie Gearup-fietsryhemp!

Neels beoog ook om ’n Gearup Kids Sportassosiasie te begin teen 1 Januarie 2020.

“Ons het tans ’n Gearup kids-program, waar kinders een maal per week met hul fietse bymekaarkom en leer om oor hindernisse te ry sowel as tegniese vaardighede aanleer.

“Dit is ook gesonde oefening en kweek toekoms­tige kompeterende fietsryers,” sê Neels.
Die klub is tans gratis, en persone wat belangstel, is welkom om Neels by sel 083 727 2908 te kontak, of ’n draai by die winkel in Queens Mall te maak. Kom kry ook gerus ’n gratis fietsklokkie vir jouself of jou kinders.

Die assosiasies is nie net vir fietsryers nie, maar ook vir persone en kinders wat van enige sportsoort hou. Gearup het tans ’n maandelikse gelukkige trekking, en Oudtshoorniete word ge­nooi om in te skryf.

Inskrywings is gratis. Daar is ook ’n fiets op die spel, teen R50 ’n kaartjie. Die wat nie waag nie, wen nie! Promosie-artikel

Log in with your credentials

Forgot your details?