Dinamiese egpaar het baie planne

Wesley en Paunielle Rhodes, nuwe eienaars van Mamash. Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
DIE bekende restaurant Mamash in Baron van Reedestraat 35 op Oudtshoorn (skuins oorkant die polisiekantoor) spog met ’n dinamiese plaaslike egpaar as nuwe eienaars.

Paunielle en Wesley Rhodes, wat ook die klerewinkel Your Wardrobe op die hoek van Baron van Reede- en Kerkstraat besit, het op 1 Mei Mamash oorgeneem.

“Ek het vir sowat twee jaar na ’n besigheid in die kosbedryf gesoek en oral gekyk vir geleent­hede,” sê Paunielle.

“Ek glo dat God hierdie geleentheid vir ons geskep het. Ek het tydens die onderhandelinge gebid dat Hy elke stappie saam met ons moet wees.”

Sy sê sy het soveel nuwe planne vir die besigheid, en is opgewonde om dit met die gemeenskap te deel soos dit ontwikkel.

“Ek kan wel vir julle vertel dat daar ’n skoonheidsalon op die boonste verdieping van die restaurant gaan oopmaak.”

Dit beteken besoekers aan Mamash kan hulleself nie net met heerlike vars kos en heerlike gebakte koek bederf nie, maar hulle ook laat mooimaak.

Erin Wicomb se The Buff Nails, sowel as Paunielle se Your Lashes and Your Hair maak op 1 Junie by Mamash oop.

Wat die unieke Mamash-handelsmerk betref, vertel Paunielle dat sy absoluut verlief daarop ge­raak het toe sy die eerste keer self die restaurant besoek het.

“Ek gaan alles dieselfde hou, maar ’n lekker plaaslike gevoel en geure inbring om voort te bou op hierdie wonderlike restaurant se kenmerke.”

Mamash fokus ook op klein intieme troues, maar kan in die somer tot 80 gaste akkommodeer en in die winter sowat 50.

Die restaurant se deure is vanaf Maandae tot Vrydae oop vanaf 08:30 tot 17:00, en Saterdae tot 18:00.
Sondae sal hul oop wees op dae wanneer unieke Sondagetes aangebied gaan word, of daar lekker spesiale aanbiedings gaan wees.

“Ons is na 17:00 vanaf Maandae tot Sondae beskikbaar as gaste funksies wil bespreek.”

Besprekings vir jaar­eindfunksies kan nou al gedoen word om teleur­stelling te voorkom.

“Ons is ongelooflik op­gewonde oor die nu­we uitdaging en glo dat solank God in ons boot­jie is, ons enige storms sal kan trotseer,” sluit Paunielle af.

Kontak Paunielle by sel 0610040096 vir enige besprekings of navrae.
Promosie-artikel.

Log in with your credentials

Forgot your details?