Bottega ’n kwarteeu op Oudtshoorn!

Alet Coetzer, eienaar van Bottega, in die pragtige galery wat in die Queen’s Hotel-kompleks in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn geleë is. Foto’s: Schalk le Roux; Liesel le Roux

James Bezuidenhout besig met raamwerk in Bottega se werks­winkel.

Liz Bekker, Alet se assistent, staan kliënte by met alle aankope en raamwerk.

Bottega Kunsgalery en Ramers van Oudtshoorn vier vanjaar met trots hul 25ste bestaansjaar op Oudtshoorn.

Om die mylpaal van ’n kwarteeu te vier bied Bottega 10%-afslag op alle raamwerk en kunsaankope tot en met Saterdag 11 Mei.

“Baie dankie aan al ons getroue kliënte vir hul lojale ondersteuning deur die jare – sonder julle sou dit nie moontlik wees nie. Hier is ook baie spesiale vriendskappe oor ’n koppie koffie gesmee,” sê Alet Coetzer, eie­naar van Bottega.

Bottega skep ’n vriendelike en gesellige atmosfeer waar almal welkom voel om kuns te besigtig en raamwerk te laat doen.

Hulle doelwit was van die begin af om ’n toeganklike galery te skep en daarom is die naam Bottega gekies, vertel Alet. Die Italiaanse woord “Bottega”, wat kunstenaars-werkswinkel beteken, het sy ontstaan in die Renaissance-tydperk gehad.

In die galery word raamwerk gedoen, kunstenaars bekend gestel en hul werk uitgestal en bemark. Deskundige advies word ook gegee oor die waarde van kuns asook spesiale raammetodes om kuns te bewaar (“conservation framing”). “Ons wil graag hê kliente moet met hul behoeftes na ons toe kom,” sê Alet.

Bottega bied kundige advies met die samestelling van ’n raam wat van ’n kunswerk, foto, tapisserie, sertifikaat, tot bekisting en “floating” behels, om elke sak en smaak te pas.

“Ons besef hoe belangrik dit is om die regte raam te kies en ons leuse lui: If you love it, frame it. By Bottega sorg ons dat ons op die hoogte bly van al die nuutste rame en raamtegnieke en ons bied gratis kwotasies en advies aan.”

Alet nooi mense om die galery te kom besoek en die kuns te kom besigtig en geniet.

’n Keurversameling van Suid-Afrikaanse kuns met verskillende temas en in verskillende media word uitgestal. Kunswerke word gekeur om ’n standaard te behou. Beleggingskuns en werke van ou meesters is ook te sien.

• Bottega het merkwaardig gegroei sedert die galery 25 jaar gelede in Die Herrie se perseel in Kerkstraat geopen het. Drie jaar later verskuif hul na Baron van Reedestraat waar Mr Price tans geleë is. In 2005 het die galery na die huidige perseel in die Queen’s Hotel-gebou in Baron van Reedestraat verskuif, wat spesiaal vir hul deur die vorige eie­naar van die Queen’s Hotel, Nic Barrow, gebou en ingerig is.

“Ek sien uit na die volgende jare by Bottega.

“Art is as natural as sunshine and as vital as nourishment.”

Log in with your credentials

Forgot your details?