Besigheidskamer verwelkom nuwe lede

Gideon Badenhorst (links), voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer, by verteenwoordigers van besighede wat verlede Donderdag tydens ’n besigheidsnetwerkvergadering by die Queen’s Hotel as lede van die kamer verwelkom is. Hulle is van naaslinks Fanie le Roux van Total Oudtshoorn, Annette Meyer van Vredebest Verpakking, en Deon Koen en Riana du Plessis, albei van Oudtshoorn Hyundai. Badenhorst is ’n vennoot by James King & Badenhorst Prokureurs wat die netwerkaand geborg het. Hy het gesê die vennootskap bestaan al 27 jaar en dat dit oor altesame 110 jaar ondervinding beskik. Hy sê die vennootskap is met trots deel van Oudtshoorn. Hul slagspreuk is: “Prokureurs waar elke kliënt tel.”  Foto: Schalk le Roux

Log in with your credentials

Forgot your details?