Alert Patrol bied wydste verskeidenheid dienste

Abri Ferreira, direkteur van Alert Patrol.

Bo: Alert Patrol Security Services wat Saterdagaand sekuriteits- en toegangsbeheerdienste by die A Tribute to ABBA-konsert op die granaatsplaas Celebratio aangebied het. Onder: Alert Patrol bied ook BBP-beskerming aan, soos dié beampte aan Kevin Leo gebied het!

DIE sekuriteitsdienstefirma Alert Patrol streef daarna om so plaaslik as moontlik te wees. Hulle koop alles wat hulle kan plaaslik aan, stel so ver hulle kan plaaslike personeel aan, en ondersteun plaaslike skole en organisasies met onder meer borgskappe, sê Abri Ferreira, direkteur en eienaar van die onderneming.

En as plaaslike onderneming en lid van die Oudtshoorn Besigheidskamer is hulle trots daarop dat hulle die plaaslike sekuriteitsonderneming is wat die wydste verskeidenheid veiligheidsdienste aanbied.

Die dienste wat Alert Patrol aanbied, sluit in:

• Opgeleide wagte wat sekuriteit aanbied by sake- en nywerheidspersele, private eiendom-me, konstruksiepersele en events soos konserte, troues en politieke vergaderings. Dit sluit toegangsbeheer in;

• Die installasie en instandhouding van alarms en CCTV-kamerastelsels;

• ’n Beheerkamer met daarmee gepaardgaan- de alarmmoniteringsdiens;

• ’n Reaksie-eenheid wat ondersoek gaan instel by persele wat van Alert Patrol se monite-ringsdiens gebruik maak asook as daar pro- bleme is by persele waar van Alert Patrol se wagte aan diens is;

• Voertuigpatrollies wat ry waar Alert Patrol by konstruksiepersele hul dienste verskaf, soos bv by paaie wat onder konstruksie is. As daar ’n aantal padmaakvoertuie op verskillende plekke langs die pad staan, word hulle gereeld as deel van ’n bepaalde patrollieroete besoek. Die patrollievoertuie dra ook by tot sigbaarheid en voorkoming. Die patrollie-afdeling doen ook die vervoer van lone;

• Buurtwag-bystand; en

• BBP-beskerming.

Abri sê Alert Patrol het benewens sy wagte ses bestuurspersoneellede en vier toesighouers in diens en beskik oor ses patrollievoertuie.

Die onderneming het genoeg radios om te verseker dat wagte wat aan diens is elkeen een het. Al die wagte is per die radio met die beheerkamer verbind. Die toesighouer kommunikeer ge­reeld met elke wag.

Alert Patrol is by Psira (Private Security Industry Regulating Authority) geregistreer. Alle wagte van die onderneming ontvang Psira-opleiding en word deur Psira geakkrediteer voor­dat hulle as wagte geregistreer kan word. Wagte kry verskillende vlakke van opleiding, afhangende van waar hulle aangewend word.

Psira het baie streng vereistes. Alle wagte moet bv eers polisieklaring kry voordat hulle opgelei word.

• Abri vertel hy het in Augustus 2017 Kompas Sekuriteit gekoop en die naam na Alert Patrol verander.
Sedert die oorname het die getal wagte sowat vervierdubbel, het die tegniese afdeling (onder meer alarms en kameras) met sowat 400% gegroei en is die patrolliediens van nuuts af ontwikkel, sê hy.

Abri, ’n gebore en getoë Oudtshoorniet, het ná skool aankope en logistieke bestuur aan die Bloemfontein Technikon gaan studeer. Daarna het hy by PSP as bemarker in die Boland ge­werk en in 2003 met saad en tabak gaan boer, wat hy steeds doen.

Abri, ’n ware entrepreneur, het ook al ’n slaghuis, videowinkel en transportbesigheid bedryf.

Alert Patrol het in November verlede jaar Danabaai Sekuriteit gekoop en die naam verander na DBS Garden Route.

• Abri sê as deel van hul strewe om in die plaaslike gemeenskap terug te ploeg het hulle ’n spesiale aanbod waarby skole en liefdadigheidsorganisasies kan baat. Enigeen wat hul moniteringsdiens van hul huidige verskaffer na Alert Patrol skuif en nuwe kliënte wat van hul diens gebruik, kan ’n skool of liefdadig­heidsorganisasie kies aan wie Alert Patrol R500 sal skenk.

Log in with your credentials

Forgot your details?