Absa gee erkenning aan oom Piet Fourie

Absa Bank se uitvoerende hoof, Rene van Wyk, het die plaaslike tak op Oudtshoorn Woensdag besoek. Die takbestuurder, Johan Rhee­der, het die geleentheid aangegryp om erkenning te gee aan een van die tak se getroue kliënte, oom Piet Fourie, vir 76 jaar se lojale ondersteuning. Oom Piet het sy rekening in 1943 by die destydse Volkskas Bank geopen. “Dit is ’n voorreg om oom Piet weekliks in ons banksaal te ontvang – sonder bril en sonder kierie op 95-jarige ouderdom!” Op die foto van links staan Johan Rheeder, oom Piet Fourie en Rene van Wyk.

Log in with your credentials

Forgot your details?