35 jaar van uitmuntende diens word hier gevier!

Winston Linford Motors tydens die nuwe opwindende opgraderings by die besigheid.

Bo van links is Pierre du Toit, Elize Bezuidenhout, Kevin, Naomi, Imke en Neville Linford, en Stefan Griessel. Foto: Christine Schoeman

Winston Linford Motors in Voor­trek­kerweg, Oudtshoorn, lewer reeds vir 35 jaar diens van die hoogste gehalte aan Oudtshoorniete en besoekers van elders wat by hulle aandoen.

Dié onderneming is in 1983 deur mnr Winston Linford op die been gebring.

Die onderneming is tans onder die wakende oë van die dinamiese paartjie, Kevin en Naomi Linford (mnr Winston se seun en skoondogter).

Winston Linford Motors verskaf nie net brandstof nie, maar ook die dienste van ’n geriefswinkel (The Quick Shop) op die perseel. The Quick Shop verkoop voorafbetaalbare krag, lugtyd, ys en ook doeke vir volwassenes.

Daar is ook ’n sleepwaverhuringsdiens, sowel as tweedehandse motors en ’n motorwerkswinkel.

Kevin se pa het in 1995 die besigheid aan hom verkoop. Hierna is die perseel by twee geleent­hede verbeter en opgeknap met nuwe byvoegings.

“Ons wil uit ons harte ons dank aan al ons getroue kliënte uitspreek. Sonder hulle sou ons sukses nie moontlik gewees het nie,” sê Kevin.

Vir die groot 35ste viering het die besigheid ’n splinternuwe baadjie aangtrek en hul vere behoorlik opgetof met punte wat verdien kan word met die “swipe” van ’n Pick n Pay Smart Shopper-kaart, Discovery Vitality (Avios)-punte, ’n wyer rybaan, nuwe petrol­pom­pe en ’n kitsbank.

The Quick Shop vier sy 20ste verjaarsdag van­­jaar. Dié geriefs­win­kel het op 15 September 1998 geopen.

Winston Linford Motors sien uit na nog 35 en meer jaar om diens te lewer aan Oudts­­hoor­nie­te, ­gereel­de kliënte en besoekers.

Hulle wil ook dankie sê vir almal se geduld en nooi die pu­bliek uit om te kom kyk hoe die nuwe besigheid lyk.

Log in with your credentials

Forgot your details?