20 jaar-mylpaal vir Jacolene’s Velsorgkliniek

Bo:  Jacolene Nel (links) wat al 20 jaar lank vroue van Oudts­hoorn en omgewing mooier maak, besig met die grimering van ’n kliënt.  Foto verskaf

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jacolene’s Velsorg­kliniek wat in Baron van Reedestraat 138 geleë is, het pas 20 jaar oud geword!
Jacolene Nel, die eie­naar van Jacolene’s, het haar opleiding in 1998 aan die Isa Carstens Akademie op Stellenbosch voltooi en spog met drie diplomas, naamlik CIDESCO (Interna­sio­naal), SAAHSP (Na­sionaal) en die Isa Carstens Master’s Diploma (Internasionaal).

Jacolene het in Desember 1998 haar skoonheid­salon aan huis begin en in November 2000 na ’n dorpsperseel verskuif. Dit was juis in hierdie stadium dat Jacolene besluit het om ’n perseel met die haarsalon Serious Hair te deel, aangesien ’n skoonheidsalon en haarsalon mekaar baie goed komplementeer.

Jacolene is die afgelope 16 jaar getroud met Hans Nel wat by Korrektiewe Dienste op Oudts-hoorn werksaam is.

Hulle is die ouers van twee seuns, Francois (12) en Stefan (7).

Volgens Jacolene is sy groot dank aan haar ma, Nicolene van der Westhuizen, verskuldig vir die besondere rol wat sy die afgelope 20 jaar gespeel het in die vestiging en uitbouing van die salon.

Die vriendelike Nicolene, hanteer onder meer die ontvangs van kliënte en die verkope van produkte.

“Haar betrokkenheid, toewyding en onder-steu­ning die afgelope 20 jaar het dit vir my moontlik gemaak om ’n suksesvolle salon te vestig en te bedryf,” sê Jacolene.

Sedert Jacolene die deure van haar velsorg­kliniek 20 jaar gelede geopen het, het sy haar in nog talle ander rigtings ook bekwaam omdat dit vir haar belangrik is om op die voorpunt van skoonheids­ontwikkeling te bly.

Dié kursusse is Bio Sculpture Gel (in 1999), Hot Stone Massage (in 2005), Pregnancy Massage (in 2010), Spray Tanning (in 2015) en Lash Lifting (2018).

Jacolene’s Velsorgkliniek is die verskaffer van:
Annique
Environ
RapidLash

• Kontak Jacolene’s Velsorgkliniek by 044 272 7241.

Log in with your credentials

Forgot your details?