Fietsherstelwerk by Gearup: Braam verwerf hoogs moontlike kwalifikasie

Braam Wannenburg, fietstegnikus van Gearup in die Queen’s Mall op Oudtshoorn, werk aan die voorsuspensie van ’n bergfiets.

Braam Wannenburg, fietstegnikus van Gearup, ’n konsep Giantfietswinkel in die Queen’s Mall op Oudts­hoorn, het so pas die hoogs moontlike internasionale kwalifikasie in die herstel en instandhouding van fietse verwerf.

Hy het drie internasionaal geakkrediteerde Cytech-sertifikate verwerf ná drie weke se intensiewe opleiding by Torq Zone Academy in Pretoria, ’n opleiding-sentrum wat by Cytech geakkrediteer is.

Braam het die kursus met vlieënde vaandels geslaag. Die hoof van die opleidingsentrum, Graeme Stickells, was vol lof vir Braam vir sy toewyding. “Met sy aanleg, het ek geen twyfel dat Braam ’n uitstekende tegnikus sal wees nie. Hy het ’n positiewe leeringesteldheid en ’n bogemiddelde aanleg,” het hy gesê.

Met dié kwalifikasie agter sy naam, is Braam so gesog dat hy ’n werksaanbod vanuit Kanada gekry het kort nadat hy die kursus voltooi het.

Braam werk al sedert Gearup oopgemaak het, by dié fiets- en sportwinkel in die Queen’s Mall. Hy het het van die begin af belang gestel in die tegniese aspekte van fietse.

Louis Fourie, besturende direkteur van Gearup, sê hulle is baie trots op Braam. “Ons het hom vir die Cytech-kursus ge­-stuur omdat ons sy talent raakgesien het en omdat dit deel van Gearup se benadering is om deur opleiding in ons perso-­neel te belê.

“Ons wil ook die heel beste diens aan ons kliënte lewer. Hulle kan nou ook verseker wees van die beste diens tov die herstel en instandhouding van hul fietse.”

• Om aan ’n moderne fiets te werk, is nie kinderspeletjies nie aangesien dié ryding oor die afgelope 25 jaar drasties ont­-wikkel het.

In die ou dae hoef ’n mens nie baie tegnies vaardig of kundig te gewees het om jou eie fiets reg te maak nie.

Die nuutste pad- en veral bergfietse, bevat egter uiters gevorderde tegnologie en elektronika. Dit is ontwerp met ’n vergrote fokus op die menslike vorm en die doeltreffende benutting van wetenskappe soos fisika en swaartekragbenutting.

’n Deeglike begrip is nodig van die doeltreffende oordrag van die fietsryer se trapkrag na die wiele om onder meer die maksimum snelheid te verkry terwyl die beste padhouvermoë verseker word.

Die gewig van die fiets, die fietsraam, die ratte en ratverhoudings, skokbrekers en remme speel almal ’n baie belangrike rol hierin. Fietsryers se gewig, grootte en liggaamsvorm verskil. Dit moet ook in ag geneem word met die koop van ’n fiets en die verstellings daarvan.

Die Cytech-kursus sluit modules in soos wringkrag, smering (olie), bande en binnebande, veiligheid, raamvoorbereiding, ratte en ratstelsels, remme, rollaers (bearings), wielvellings (rims), hidroulika, suspensie, die opbou van wiele en elektro- niese ratstesels.

Met bergfietse wat deesdae tot meer as R200000 kos, wil ’n mens nie sommer enigeen daaraan laat werk nie.
Met Braam se opleiding kan kliënte daarvan verseker wees dat hy weet wat hy doen. Volgens Braam is deesdae se ­fiet­se “fassinerend” en is sy werk vir hom lekker en ’n uitdaging.

Hy beveel aan dat fietsryers minstes een keer per jaar hul fietse laat diens om die bes moontlike diens daaruit te kry.

Met die styging van die pertolprys deesdae, raak dit toenemend ’n opsie om met ’n fiets werk toe en terug te ry.

• Cytech word internasionaal erken as voorste liggaam wat omsien na tegniese fietsopleiding en akkreditasie en word bedryf onder die wakende oog van ACT (Vereniging van Fietshandelaars).

Log in with your credentials

Forgot your details?