Eendjies, eendjies daar in ’n ry. Een twee drie … stap hul verby…

Die Hoorn het dié drie kwaker­eendjies laat een aand verlede maand oor Baron van Reedestraat op Oudtshoorn naby die hoek met Victoriastraat sien stap, vermoedelik op pad huis toe. Bo stap hulle in by die oprit van die huis in Baron van Reedestraat waar hul tuiste vermoedelik is. Op die tweede foto hang hulle ’n bietjie voor die huis se hek rond. En op die derde foto kruip hulle onder die hek deur ná hul laatnagwandeling. Foto’s: Schalk le Roux

Log in with your credentials

Forgot your details?