Watertoevoer na Oudtshoorn tydelik onderbreek

WATERTOEVOER na Oudtshoorn is vanoggend tydelik onderbreek terwyl herstelwerk gedoen het aan die hoofwatertoevoerlyn vanaf die Raubenheimerdam waar ‘n probleem gisteraand ontstaan het.

Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het ‘n beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik.

Die munisipaliteit het Woensdagmiddag ‘n breekplek in die waterpyp tussen die Raubenheimerdam en Schoemanshoek herstel waarna die watertoevoer geleidelik oopgedraai is. ‘n Ander probleem het egter daarna op die hooftoevoerpyp ontstaan wat genoodsaak het dat die water oornag afgesluit moes word sodat dringend aandag geskenk kan word aan die probleem.

Inwoners van Schoemanshoek wat water direk van die hooftoevoer af kry, ervaar reeds watertekorte. Gebottelde water word deur die munisipaliteit aan inwoners in die Spieskamp-omgewing versprei.

Oudtshoorn self is tans afhanklik van water wat nog in die dorp se reservoirs is. Volgens Mangqwengqwe daal die watervlakke in die reservoirs egter vinnig. Hy het ‘n beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik. (berig deur Liesel le Roux)

Log in with your credentials

Forgot your details?