Waterpyp in Voortrekkerweg bars

Nie ’n fontein nie, maar ’n waterpyp wat gister in Voortrekkerweg tussen Queen’s Mall en die Oudtshoorn Sportgronde gebars het! By die spuitende water staan Katot Meyer van Oudtshoorn wat ’n lesersbrief by Die Hoorn kom aflewer het en op pad terug huistoe op die toneel afgekom het.Volgens Deon Bosman van Super Carwash by die Queen’s Mall was sy watertoevoer van omstreeks 14:30 tot 16:00 afgesny. Volgens ’n inwoner, wat by die spuitende water verby gery het net nadat die pyp gebars het, het klippe wat deur die krag van die water in die lug op geslinger is ’n paar duikies in sy motor se dak geval.		              Foto: Schalk le Roux

Nie ’n fontein nie, maar ’n waterpyp wat gister in Voortrekkerweg tussen Queen’s Mall en die Oudtshoorn Sportgronde gebars het! By die spuitende water staan Katot Meyer van Oudtshoorn wat ’n lesersbrief by Die Hoorn kom aflewer het en op pad terug huistoe op die toneel afgekom het. Volgens Deon Bosman van Super Carwash by die Queen’s Mall was sy watertoevoer van omstreeks 14:30 tot 16:00 afgesny. Volgens ’n inwoner, wat by die spuitende water verby gery het net nadat die pyp gebars het, het klippe wat deur die krag van die water in die lug op geslinger is ’n paar duikies in sy motor se dak geval. Foto: Schalk le Roux

Log in with your credentials

Forgot your details?