Vrou vir skok behandel ná kar kitsbank disnis ry

Deur Ilze-Mari Gründling
’N VROU van Oudtshoorn is Dinsdagoggend vir skok behandel nadat die Opel wat sy bestuur het, in die agterkant van die Absa-kitsbank op die parkeerterrein van die Queen’s Mall in Voor­trek­kerweg, Oudtshoorn, ingery het.

Die voorval het omstreeks 11:30 plaasgevind.

Net ná die ongeluk het die geskokte Alta Willemse wat die Opel bestuur het, gesê sy het per ongeluk in die kitsbank vasgery nadat sy die petrolpedaal pleks van die rempedaal getrap het.

Nooddienste en personeel wat na die kitsbank omsien, was kort ná die voorval op die toneel.

Volgens ’n getuie, Yvonne Conradie, het sy Willemse uit die kar gehelp en na PNA toe geneem waar sy kon kalmeer.

Conradie sê sy het die voorval sien plaasvind.

“Sy het nie eens vinnig gery nie. Dit het so skielik gebeur.”
Willemse is slegs vir skok behandel en is nie beseer nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?