Verlof tot appel geweier

Man met 37 veroordelings

Deur Garnett Wicomb
VERLOF is in die Oudtshoorn Streekhof geweier aan ’n man met 37 vorige veroordelings wat teen sy vonnis van vyf jaar vir nog ’n misdryf – aanranding om ernstig te beseer – wou appelleer.

Leon Kiewiets (44), wat aangekla is van poging tot moord, het ’n 59-jarige man, Abraham Eskok, met ’n kierie op sy voorkop geslaan.

Hy was ten tye van die voorval in Desember 2016 op parool nadat hy agt jaar van ’n tien jaar-vonnis vir moord uitgedien het.

Streeklanddros Daniel Boks het gesê hy weier verlof om teen die vonnis van vyf jaar te appelleer omdat dit nie ’n onredelike vonnis is nie en ’n ander hof waarskynlik nie tot ’n ander bevinding sal kom nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?