Verkope van KKNK se kaartjies 20% op

Deur Liesel le Roux
KAARTJIEVERKOPE vir vanjaar se KKNK – die 25ste fees op Oudtshoorn – is 20 persent hoër as dieselfde tyd verlede jaar, sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.

Volgens Theart gaan dit baie goed met die verkoop van kaartjies vir die teaterstukke en is die topverkopers tans Katvoet, Drie susters, Donkie, My seuns, Koningin Lear, Bloed en Bodem, Die voordele van eierwit en Non met vakansie (nie in ’n spesifieke volgorde nie).

Musiekvertonings soos 25: Oud en nuut in die Outeniqua;, Drie van die Bestes – 21 jaar, Loki Rothman en Demi-Lee; Karen Zoid Unplugged; Adam Tas; Amanda Strydom – Miss Mandy; Die Onbekende Coenie; en Jo Black en die Libertaskoor verkoop almal baie goed.

Theart het inwoners van die streek aangemoedig om die KKNK-toepassing (app) op hul selfone af te laai.

Die app bevat die feesprogram en kaartjies kan ook direk daardeur gekoop word.

Volgens hom sal die gedrukte feesgids (R20 per eksemplaar) vanaf Maandag by die KKNK-kantoor by Arbeidsgenot in Jan van Riebeeckweg op Oudtshoorn te koop wees.

Log in with your credentials

Forgot your details?