Verdeeldheid in raad oor dié skorsing

Deur Liesel le Roux
DIE onlangse omstrede besluit van die DA-raads­lede om Oudtshoorn se munisipale bestuurder, Allen Paulse, voorlopig te skors, is vandag weer in die kollig wanneer ’n raadvergadering op die dorp plaasvind.

Luidens ’n verklaring van die munisipaliteit word Paulse se antwoorde oor waarom hy nie geskors moet word nie, vandag bespreek.

Daar is in hierdie stadium groot verdeeldheid binne die raad oor die proses om Paulse moontlik te skors.

Die grootste opposisieparty in die raad, die ANC, het die besluit van die DA oor Paulse in ’n sterk bewoorde verklaring bestempel as die gevolg van ’n stryd tussen die burgemeester, Colan Sylvester, en Paulse, en die DA beskuldig dat die regte prosedure nie gevolg is nie. Sekere DA-raadslede is glo ook teen dié besluit gekant, maar moes ingevolge ’n meerderheidsbesluit van die DA-koukus daarvoor stem.
Paulse se antwoorde is Maandagmiddag by ’n spesiale raadsvergadering aan die raad voorgelê.

Log in with your credentials

Forgot your details?