Twee broers van Lesotho in hof vir dwelms

Deur Garnett Wicomb
DIE verhoor van twee broers van Lesotho wat buite Prins Albert met dagga ter waarde van R239 000 in hul besit in hegtenis geneem is, het verlede week in die Oudts­hoorn Streekhof begin. Leh­lo­ka en Rapulumo Makonyana word van handeldryf in en die onwettige besit/gebruik van dwelms aangekla.

Die Prins Albert Polisie het op 28 Oktober 2016 op die N1 beslag gelê op sewe sportsakke met 119,75 kg dagga op ’n sleepwa agter ’n minibustaxi. Ao Jacobus Moolman het getuig dat die twee verdagtes erken het dat die sakke aan hulle behoort.

Die beskuldigdes se regshulppro­kureur, Eugene Roos, het dit aan Moolman gestel dat hulle nie oor hul grondwetlike regte ingelig is nie. Die saak is vir verdere verhoor uitgestel.

Log in with your credentials

Forgot your details?