Sonkrag: groot projek by looiery

Doran Schoeman, besturende direkteur van E3 Energy, by die nuwe sonkragaanleg wat by KKI se looiery geïnstaleer is. E3 Energy het die sonkragaanleg geïnstalleer, een van twee groot sonkragprojekte in Suid-Afrka wat verlede Woensdag geloods is. Foto verskaf

Deur Liesel le Roux
’N NUWE sonkrag-verhittingsaanleg by die leerlooiery van Klein Karoo International (KKI) op Oudtshoorn is een van twee nuwe sonkragprojekte van SOLTRAIN (Southern African Solar Thermal Training and Demonstration Initiative) wat Woensdag amptelik in Suid-Afrika geloods is en uiteindelik massiewe kostebesparing tot gevolg sal hê. Die projekte is deels befonds deur die Oostenrykse Ontwikkelingskorporasie.

Die ander projek is ’n aanleg by die koshuise van die Wits Universiteit.

Die aanleg by die leerlooiery op Oudtshoorn is 600 m² groot en die grootste sonkrag-waterverhittingstelsel in Afrika suid van die Sahara.

Volgens Du Toit Kruger, fabrieksbestuurder van KKI (leerafdeling), is KKI in 2016 deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies genader en was die looiery dadelik gretig om betrokke te raak.

“Oudtshoorn is met ons baie sonskyn die ideale plek vir sonkrag,” sê Kruger. “Dit was ook belang-rik vir ons om die geleentheid te gebruik om ons omgewingsvoetspoor te verklein en ons afhanklikheid van olie as energiebron te verminder.”

Die sonpanele, wat in Oktober 2018 geïnstalleer is, verhit nou tussen 55% tot 60% van die warm water wat die looiery gebruik. Die looiery se ander water word steeds deur ’n oliebrander verhit.

Volgens Doran Schoeman, besturende direkteur van E3 Energy wat die sonkragaanleg geïnstalleer het, het die US verskeie looierye genader en was KKI se leerlooiery die gretigste om saam te werk en kon hul finansieel tot die studie bydra.

Log in with your credentials

Forgot your details?