Skoolskoen-bederf vir gr 1’s

Kleingoed van die Dassie Voorskoolsentrum wys hul nuwe skoene.

Deur Angelique Erasmus
39 kinders van die Dassie Voor­skoolse Sentrum in Bridgton is deur ’n weldoener van Oudtshoorn met nuwe skoolskoene bederf. Die 20 meisies en 19 seuns is almal volgende jaar in graad 1.

Die skoenskenking het gepaard gegaan met ’n uitstappie na die Queen’s Mall en ’n heerlike roomys.

Volgens die prinsipaal, Shirley Wagenaar, het die ramp­hulporganisasie Gift of the Givers ook die skool te hulp gekom nadat hulle van die soveelste inbraak daar gehoor het, en ’n stoof aan die skool geskenk.

Log in with your credentials

Forgot your details?