Ses stal foto’s uit ná fotografiekursus

’n Foto-uitstalling van ses Oudtshoorniete wat pas ’n inleidende digitale fotografiekursus, aangebied deur Hans van der Veen, voltooi het, is verlede Vrydagaand in die Klein Karoo Emporium op Oudtshoorn geopen. Hier langs Van der Veen (agter links) is Peter Grey, en voor van links Abbigail de Jager, Carli Munro, Enge Swart, Sumé Norval en Elarna Grundling. Carli se foto is deur die teenwoordiges by die uitstalling as die wenfoto aangewys. Dit verskyn vandeesweek op bladsy 4 in Die Hoorn as die Foto van die Week. Foto: Schalk le Roux

Log in with your credentials

Forgot your details?