SANW takel rioolprobleem by Oudtshoorn Infanterieskool

Foto: Liesel le Roux


DIE SANW en die Departement van Openbare Werke (DPW) werk tans saam om uitdagings ten opsigte van die vervalle stormwater- en rioolstelsels by die Infanterieskool op Oudtshoorn aan te spreek.

Dié versekering het brig gnl Mafi Mgobozi, direkteur korporatiewe kommunikasie, die afgelope week op ’n navraag van Die Hoorn gegee.

Mgobozi het gereageer op kommer oor die gesondheids- en omgewingsrisiko’s van rioolwater wat vanaf die Infanterieskool via ’n stormwaterpyp in die Grobbelaarsrivier by die hangbrug in Oudtshoorn beland.

Paul Muller, senior be­stuur­der: strate en storm­water by die Oudtshoorn Munisipaliteit, het by ’n onlangse perskonferensie dit as die oorsaak van ’n ondraaglike stank wat soms by die hangbrug hang, geïdentifiseer.

Mgobozi sê ’n opgraderingskontrak vir die menasie by die Infanterieskool is ook goedgekeur. Werk daaraan sal binnekort begin.

Omgewingsdienste het ook intussen opleiding aan personeel van die Infanterieskool verskaf oor hoe om die probleem met grys waswater wat in die stormwaterstelsel beland, reg te stel. Inspeksies word daagliks uitgevoer om te verseker dat daar geen blokkasies in die stelsel is nie.

Op ’n besoek van Die Hoorn aan die hangbrug die afgelope twee weke was daar geen teken van enige afloop uit die stormwaterpyp in die rivier nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?