Sakeman van Oudtshoorn sterf op 31 jr

Dean Payne.  Foto Facebook

’N 31-JARIGE sakeman van Oudtshoorn wat drie jaar gelede ’n ernstige botsing in Voor­trekkerweg oorleef het, is Dinsdagoggend oorlede nadat ’n maag­seer gebars het.

Dean Payne was die eienaar van Dean’s Installations wat elektriese heinings, hekke en motorhuisdeure installeer.
Vriende en kennisse het die week geskok gereageer op Payne se skielike dood.

Sy vrou, Lindie, met wie hy vroeër vanjaar getroud is, het aan Die Hoorn gesê sy beoog om met die besigheid voort te gaan.

Payne is in 2015 ernstig beseer toe sy BMW die pad verlaat en oorkant Oudtshoorn Wes-Handelshuis ’n muur getref het. Sy lewe is waarskynlik gered deur die lugsakke van sy BMW.

Log in with your credentials

Forgot your details?