Saak teen Donson vir verhoor uitgestel

Deur Garnett Wicomb
DIE verhoor van ’n man wat daarvan aangekla word dat hy met sy voertuig oor ’n man gery en daarna van die toneel weggery het, is einde Maart in die Oudtshoorn Streekhof tot 5 Julie uitgestel omdat die hoftyd vir die dag uitgeloop het.

Streeklanddros Ntsoki Moni, oorspronklik van Port Elizabeth wat onlangs op Oudtshoorn begin werk het, het om verskoning gevra vir die uitstel van die saak.

Johnny Donson (37) staan tereg op klagtes van moord en versuim om hulp aan ’n beseerde te verleen.
Donson is aanvanklik aangekla van poging tot moord op Ricardo Fourie (43) – alombekend as Carthy – maar die klagte is na die dood van Fourie omskep in een van moord. Carthy het ’n paar dae na die voorval op 5 Januarie 2018 in Swawellaan, Bridgton, in die Grootte Schuur Hospitaal aan sy beserings beswyk.

Volgens die staatsaanklaer, Hyron Goulding, beskik die staat oor verklarings van 12 staatsge-tuies, maar sal almal nie geroep word om te getuig nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?