Rotariërs bekroon vir beste gemeenskapsprojek

Die Oudtshoorn Rotariërs is pas bekroon vir die beste gemeenskapprojek van die 63 Rota-riërtakke in hul streek – vir die opgradering en uitbreiding van die Pierewiet Creche in Volmoed oor die afgelope aantal jare. Dié projek is nou afgehandel en die Rotariërs beoog om vanjaar ook hulp aan ander kleuterskole te bied en ook met ’n projek vir die verwerking van gebruikte plastiek af te skop – in die hoop dat dit ’n skoner omgewing en werksgeleenthede vir die dorp kan skep. Bo is drie van die Rotariërs wat baie betrokke was by die Pierewiet-projek, van links Suné Rupping, Johan Smit en Dalia Wilck, saam met die sekretaris van die Oudtshoorn Rotariërs, Lionel Tait.