Roets se nuutste bekend gestel

Koos Roets, regisseur, en Eunice Visser het die gaste Maandagaand verwelkom by die bekendstelling van Roets se     nuutse rolprent, Hoener met rooi skoene. Die nuwe rolprent, met Lizz   Meiring in die hoofrol, word eersdaags landwyd uitgereik.

DIE nuutste rolprent van die regisseur Koos Roets, Hoener met rooi skoene, word op 27 Januarie landwyd in rolprentteaters in Suid-Afrika uitgereik.

Roets, wat op Klaarstroom woon, het die rolprent verlede jaar in Klaarstroom, Oudtshoorn en Prins Albert verfilm.

Dit is Maandagaand in Kaapstad bekend gestel.

Die rolprent – ’n tipiese “Whodunnit?” en ’n mengsel van spanning en komedie, is Maandag-aand in die Tygervalleisentrum in Bellville bekend gestel. Die amptelike premiere is vanaand.

Die bekende Lizz Meiring speel die hoofrol en ander bekendes in die rolverdeling is Lida Botha – deesdae ’n inwoner van De Rust – en Dorette Potgieter, terwyl gasspelers soos Anton Goosen, Leon Ecroignard, Soli Philander en Goitsemang Lehbye ook hul verskyning maak.

Log in with your credentials

Forgot your details?