Raadsvergadering uitgestel tot vandag ná vroue skreeu

Deur Liesel le Roux
DIE maandelikse vergadering van die Oudtshoorn-raad waarby onder meer besluite geneem moes word oor die Blossoms-projek, is verlede Vrydag uitgestel na vandag nadat ’n groep vroue in die openbare galery oproerig geraak het toe die publiek gevra is om stil te bly.

Raadslede en munisipale amptenare is tydens die oproer gedreig terwyl verskeie vroue luidkeels begin skree het.

“Ek gaan jou donner! Ek donner jou”!”het een van die vroue onder meer vir die munisipale bestuurder, Allen Paulse, geskree nadat sy tydens ’n tydelike verdaging van die vergadering tot by hom geloop het, terwyl ’n ander vrou herhaaldelik luid­keels raadslid George Kersop se naam uitgeskree het.

Die uitbarsting van die vroue het gevolg nadat die speaker, Julia le Roux, in ’n stadium die pu­bliek gevra het om stil te bly. Le Roux se versoek was vet op die vuur omdat van die vroue aangedui het dat hulle vir haar ook kwaad was.

Volgens Chantel Saayman, een van die ontevrede vroue wat luidkeels haar ontevredenheid te kenne gegee het, het sy uit frustrasie gereageer oor die regering se Community Works Programme (CWP), ’n finansiële ondersteuningsprogram vir werklose mense.

Daar het die afgelope week gesprekke tussen van die vroue en die munisipaliteit plaasgevind.

Log in with your credentials

Forgot your details?