R5 000-beloning na verediefstal

Deur Liesel le Roux
DIE eienaar van die plaas Rooiheuwel buite Oudtshoorn, Jack Klass, het ’n beloning van R5 000 aangebied nadat volstruise op die plaas die hoeveelste keer vanjaar onder onwettige volstruisplukkers deurgeloop het en die vere gesteel is.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoer­der van die Oudtshoorn Polisie, het die jongste voorval op 30 Mei plaasgevind.

Daar was ook drie voorvalle in Maart vanjaar waartydens volstruise gepluk en geslag is.
Die skade hiervan het bykans R100 000 beloop.

Klass het die beloning aangebied vir enige inligting wat tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van die oortreders sal lei.

Enigiemand met inligting oor die betrokke misdrywe kan ao Fasie de Kock, ondersoekbeampte van die Oudtshoorn Veediefstaleenheid, kontak by sel 082 771 8496l.

Log in with your credentials

Forgot your details?