R10 000 borg vir asielsoeker

Deur Angelique Erasmus
BORGTOG van R10 000 is Dinsdag in die Oudtshoorn Landdroshof aan ’n Ethiopiese man toegestaan.

Die man word van verkragting aangekla. Die voorval het na bewering in September plaasgevind nadat hy ’n 19-jarige vrou ’n rygeleentheid aangebied het.

Hy het na bewering later stilgehou en die klaer se sitplek agtertoe verstel waarna hy haar verkrag het. Hy het ook na bewering haar mond toegedruk het toe sy om hulp wou skree.

Luidens hofstukke het landgenote van die beskuldigde die klaagster by haar werk opgespoor het en R20 000 aangebied het om die saak terug te trek. Sy het egter geweier.

Die beskuldigde besit twee winkels op Oudtshoorn, waarvan een in die middedorp. Sy vrou en eenjarige kind woon in Ethiopië.

Landros Roelf Konstabel het gesê die beskuldigde is in Suid-Afrika as ’n asielsoeker, en sy permit verval in Augustus 2019. ’n Swahili-tolk het die uitspraak vertaal.

Sowat 20 van die beskuldigde se landgenote het hom in die hof ondersteun.

Hy word deur adv Benito Metembo verdedig, en Leonie van Rooyen ver­skyn namens die staat.

Die saak is uitgestel tot 9 November.

Log in with your credentials

Forgot your details?