Polisie ondersoek skool-messteek

Deur Liesel le Roux
DIE Oudtshoorn Munisipaliteit ondersoek tans ’n klagte van ernstige aanranding nadat ’n 17-jarige seun van Oudtshoorn by die skool met ’n mes gesteek is.

Die skool het ook dissiplinêre stappe teenoor die oortreder geneem.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die seun verlede Woensdagoggend na bewering deur ’n mede-leerder in die gesig gestamp en met ’n mes gesteek.

“Die voorval het omstreeks 09:30 by Aurial Kollege in Springbokweg plaasgevind. Na bewe­ring wou die seun ’n mede-leerder gehelp het, toe die verdagte hom gestamp en met die mes gesteek het.”

Millicent Merton, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), sê ’n argument het die dag tussen twee graad 10-leerders uitgebreek waarna een van die leerders gesteek is. ’n

Onderwyser het die leerder na die hospitaal gehaas.

Die beseerde leerder was vandeesweek weer by die skool.

Log in with your credentials

Forgot your details?