Oudtshoorn-egpaar se ontslagaansoek afgewys

Deur Garnett Wicomb
DIE ontslagaansoek van ’n egpaar van Oudtshoorn wat aangekla is daarvan dat hulle hul met onwettige staatstenders verryk en begunstigdes benadeel het, is in die Oudtshoorn Streekhof van die hand gewys.

Die regsverteenwoordiger van Marthinus en Johanna Rabie, Gideon Badenhorst, het ’n ontslagaansoek ingedien omdat hy van mening is die staat nie sy saak bo redelike twyfel kon bewys nie.

Die staat beweer dat Marthinus Rabie, ’n voormalige tegnikus in diens van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, sy vrou se twee beslote korporasies, Attaqua en Gwaiing Ontwikkelings, tussen 2006 en 2008 bevoordeel het met die toe­kenning van tenders.

Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die aansoek teengestaan omdat hy van mening is dat daar genoeg getuienis voor die hof is wat tot skuldigbevinding kan lei.

Die beskuldigdes is op waar­skuwing uit.

Die saak is vir voortsetting tot 4, 5 en 6 Desember 2019 uitgestel.

Log in with your credentials

Forgot your details?