Oudtshoorn besigheidskamer hou vergadering

Gideon Badenhorst (links), voorsitter van die Oudts­hoorn Besigheidskamer en Helen Butler (derde van links), kantoorbestuurder van die kamer, verlede Donderdagaand by die Oudtshoorn Besigheidsvergadering se net-werkaand by die Cango Wildlife Ranch saam met die nuwe lede van die kamer. Van links saam met hulle is Elmarie Spies van Gables Fine Foods, Harry Coetzee van Blacklist Security Services, Louise en Willie Swift van Karoo Palet Selfsorgakkommodasie. Met die Halloween-tema van die aand het die vaal­oog-oogkundige Jaco Kriek en Belinda du Plessis op die foto’s hiernaas die aandag getrek. Du Plessis was deel van die Oudtshoorn Vaardigheidskool se span wat die beste daarin geslaag het om reg te laat geskied aan die Halloween-tema van die aand.

Log in with your credentials

Forgot your details?