Op pad na Nederland vir twee halfmarathons

Maurice Wicomb met sy drie Comrades-medaljes. Agter hom hang die medaljes wat hy in marathons en ultra-marathons gewen het.  Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
MAURICE WICOMB (72) van die Oudtshoorn Amateur Atletiekklub, het gister (Woensdag) na Nederland vertrek waar hy aan twee halfmarathons gaan deelneem.

Dit sal die tweede keer wees dat hy in die buiteland gaan hardloop nadat hy ook in 2007 in Duits­land aan ’n marathon deelgeneem het.

Wicomb, ’n afgetrede houtwerkonderwyser, neem Sondag (12 Mei) in Groningen aan die Lauwersmeer Halfmarathon deel.

Op Sondag 19 Mei neem hy in Leiden aan sy tweede halfmarathon deel

Wicomb wil egter tussen die twee halfmarathons eers na Deventer reis waar hy twee dae gaan kuier en daarna die wêreldbekende kaasdorpie, Gouda, se kaasfabrieke gaan besoek.

Daarna gaan hy na Oudts­hoorn se tweelingstad, Alphen aan den Rijn, waar hy vier dae gaan deurbring. En omdat daar twee wyke in die stad is met die name Hoorn en Oudtshoorn, het hy twee uitgawes van Die Hoorn en twee van die Oudtshoorn Courant saamgeneem wat hy aan eienaars van die Dutchable Homestays, waar hy sal tuisgaan, wil oorhandig.

Wicomb sê hy beplan om vir hom ’n fiets aan te skaf en Nederland daarmee plat te ry.

”Die dorpies is naby mekaar en die wêreld is lekker plat en gelyk,”

Dit sal sy tweede besoek aan Nederland wees maar die eerste keer dat hy daar aan wedlope sal deelneem.
Wicomb sê hy weet nie hoeveel medaljes hy al met al sy deelname aan padwedlope ingeoes het nie het nie. maar dat dit baie is, is nie te betwyfel nie.

Hy hang deesdae net die medaljes vir marathons en langer wedlope teen die muur in sy slaapkamer. Die res lê in sakke.

“Dit het regtig te veel geword ,”sê hy.

Log in with your credentials

Forgot your details?