Ontsteltenis oor selfdood van voorbeeldige leerder

Deur Angelique Erasmus
DIE selfdood van ’n 17-jarige leerder van Aurial College verlede Dinsdag (5 Junie) is met skok en hartseer deur die perso­neel en leer­ders van die skool begroet.

“Hy was ’n voorbeel­dige kind en baie gedissiplineer. Ons is geskok deur die leerder se dood,” sê Alisteen van Wyk, sekretaresse van Aurial College, van Showen Mona.

Leerders het die Woensdag ná Showen se dood berading by die skool ontvang. Showen het homself opgehang.

Volgens sers Gret­chen Michaels, woordvoerder van die Oudts- ­hoorn Polisie, is die Polisie die dag van sy dood omstreeks 16:30 na Thabo Mbeki Square in Bongolethu ontbied, waar die seun se liggaam agter in ’n opslaanhuis gevind is.

Log in with your credentials

Forgot your details?