Onduidelikheid oor ondersoek na doodsdreigemente

Deur Liesel le Roux
DIT is nie duidelik wat die stand is van ’n polisieondersoek nadat ’n klagte oor ano­nie­me doods­dreigemente teen ’n voormalige bur­ge­mees­ter van die Groter Oudtshoorn ingedien is nie.

Na verneem word, het ’n familielid van Diane de Jager (81) vroeër vanjaar twee keer oproepe van ’n “private number”’ op ’n selfoon ontvang waarin De Jager met die dood gedreig is.

’n Klagte is op op 5 Februarie vanjaar by die Oudtshoorn Polisie ingedien.

Die polisie het na bewering onderneem om ’n selfoonmaatskappy te nader om die selfoon waarvandaan die oproepe gemaak is, op te spoor. Die polisie kon egter nie voor Die Hoorn se spertyd aandui in watter stadium die ondersoek is nie.

Be the first to comment on "Onduidelikheid oor ondersoek na doodsdreigemente"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*