Nog twee van balju-kantoor eersdaags gevonnis

Louwayne Wagenaar.


TWEE adjunk-balju’s van Oudtshoorn wat skuldig bevind is op verskeie aanklagte, Luwayne Wagenaar en Daniel Wagenaar, sal op onderskeidelik 6 en 18 November gevonnis word.

Louwayne Wagenaar is gister in die Oudtshoorn Landdroshof op 13 aanklagte skuldig bevind – sewe van bedrog, twee van vervalsing en vier van meineed.

Daniel Wagenaar is vroeër reeds skuldig bevind op agt aanklagte van bedrog nadat hy aanvanklik op 16 aanklagte van bedrog in die hof verskyn het.

‘n Derde adjunk-balju, Nigel Cupido, is Dinsdag deur landdros Johan Steynberg tot ‘n boete van R8 000 of ses maande tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 14 aanklagte van bedrog. (Berig deur Angelique Erasmus; Foto: Facebook)